Die doel van die Boerseland-organisasie is om ekonomiese onafhanklikheid vir boere te bewerkstellig terwyl die aantal jong boere in die platteland wat ons kultuur en waardes deel, verhoog word.
STREWE
Die Boerseland wil die Skriftuurlike beginsel van die gee van tiendes aanmoedig deur die reëling dat elkeen wat deelneem sy tiende aan die Boerseland af te staan uit dankbaarheid vir die welwillendheid van ons goeie Hemelse Vader wat hierdie projek moontlik maak.
TYD
Boere moet mede-Boerseland boere help met algemene plaaswerk. Daar is planne om 'n arbeidsmag vir deeltydse en moontlik permanente werk te skep, soos skeer, bouwerk, en heining span.
Die Plan
`n Boer maak `n plan
Boerseland-boere sal jaarliks 'n tiende van hul ooilammer-oes aan die Boerseland skenk. Hierdie ooie sal in groepe van 500 uitgeplaas word deur die Boerderyraad by kandidate wat geïdentifiseer word. Die Boerseland gesin of kandidaat word dan die bestuurder dan 500 skaap. Die skape bly die eiendom van die organisasie, en die raad sal toesien dat regte boerderypraktyke toegepas word. Die raad kan ooreenkomste opskort indien daar wanbestuur is. Die organisasie sal as tussenganger tussen die verhuurder en die nuwe boer optree.
Soos ‘n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid.